|
DIE OU APOSTELKERK MOET WEET! |
||||
|
|
As 'n mens die naam "Apostolies" hoor, moet 'n mens duidelik onderskei tussen die Apostoliese Geloofsending wat 'n Christelike en 'n charismatiese Kerk is en die Apostelkerke (Ou- en Nuwe) wat nie-Christelike kerke is. Laasgenoemde twee groepe glo nog aan die voortsetting van die Apostelamp. Wie iets wil weet van hierdie groep, wil na hul kategismus gaan. Die Kategismus is egter baie kort en handel hoofsaaklik oor die wese van die apostelamp. In die voorwoord word die leser egter voorberei dat as al sy vrae dalk nie in die Kategismus beantwoord word nie, dit is omdat "die leerstelling van Die Ou Apostoliese Kerk te omvattend is om in skrif uiteengesit te word." Die teologie van hierdie groep is dus grotendeels nie op skrif te vinde nie, maar in mondelinge oorleweringe, hul gesangeboek en in die variërende praktyk van gemeentes en gemeentelede. Dit is wat dit baie moeilik maak om dié groep na te vors. ONTSTAAN. Hierdie Nuwe Apostoliese Kerk sit in 1892 voet aan wal in die Kaap in die persoon van Evangelis Klibbe en hy vestig die Kerk hier. Klibbe is egter vir 'n vergadering na Duitsland. In sy afwesigheid neem ene Schlaphoff tydelik waar. Die boot waarmee Klibbe sou gaan, het egter vergaan. Schlaphoff het gemeen dat Klibbe in die ramp oorlede is. Klibbe het egter met 'n ander boot vertrek as wat gemeen is. Toe Klibbe dus terugkeer, weier Schlaphoff om van sy apostelskap afstand te doen, o.a. a.g.v. finansiële voordele van die amp. Dit lei na 'n hofsaak (1926). 'n Skeuring vind plaas en 'n nuwe kerk kom tot stand. Die regter bepaal dat die naam die Ou Apostelkerk sal wees met Klibbe as die apostel. Die Ou Apostelkerk is dus 'n latere afsplintering en die Nuwe Apostelkerk is die oorspronklike kerk. Behalwe vir sekondêre verskille, is die twee kerke vandag nog baie dieselfde maar baie vyandig teenoor mekaar. DIE AMPTE.
Die ampsdraers word ook nie betaal deur die kerk nie omdat hulle glo dat die evangelie vry verkondig moet word (vgl. 1 Kor.9:14). Om die rede is al hul amptenare in siviele werke. Die enigste uitsondering hier is die apostel wat finansieel baie goed versorg word en luukse voordele geniet. Hulle verwerp ook die titels 'pastoor' en 'dominee' as onbybelse benaminge. Die totale struktuur van die kerk is outoritêr van aard. In orde van belangrikheid oorheers die een amp die volgende amp. Die persoon wat baie verwerping ervaar het, soos bv. die weeshuis kind, ervaar aanvaarding hier. Die status en magsposisie gee sulke mense ‘n gevoel van eie waarde en posisie in die lewe.
1. Die gesag van die Bybel is
ondergeskik aan die gesag van die Apostel. |
|||